Skoolgeskiedenis

Randhart Rakkertjies open hulle deure in Januarie 1993 met 20 leerders op die perseel van Laerskool Randhart.
Daar word deur die Hoof van die Laerskool in 1994 besluit dat Randhart Rakkertjies outonoom moet funksioneer en dus privatiseer.
Mev. R. Veldman word as hoof aangestel en ‘n eerste eie bestuursliggaam is verkies en die skool is geregistreer as ‘n Vereniging sonder winsbejag. Die skool begin met 2 klasse en 50 ingeskrewe leerders.
Januarie 1998 bestaan die skool uit 4 klasse en 95 ingeskrewe leerders. Mev. Veldman bedank as hoof aan einde van die jaar 2000 en Mev. N. Piek word aangestel as hoof in 2001 tot huidiglik.
In Januarie 2002 het die leerdergetal inskrywings gegroei tot 130 en die skool bestaan toe uit 6 klasse. Leerder getalle groei deur die jare tot 153. In Januarie 2006 is daar reeds 8 klasse – 5 Graad 0 klasse, 2 Graad 00 klasse en 1 Graad 000 met ‘n leerdergetal van 196.
In 2012 open die skool ‘n 9de klas en getalle is soos volg– 5 Graad 0 klasse, 3 Graad 00 klasse en 1 Graad 000 klas. Die skool het gegroei tot ‘n maksimum totaal klasse in 2017. Getalle staan op 6 Graad R / 0 klasse, 3 Graad 00 klasse en 1 Graad 000 klas – 10 klasse, met 10 gekwalifiseerde onderwyseresse, 2 sekretaresses en 2 skoonmakers.
Die Graad 0 klasse is die voorskoolse kleuters wat na Laerskool Randhart gaan in Graad 1. In 2015 gaan ongeveer 140 Graad 0 leerders van Randhart Rakkers na Graad 1.
Randhart Rakkertjies Pre-Primêre skool volg die CAPS kurrikulum wat voorgeskryf is deur die Departement van Onderwys. Die skool is ook geregistreer by die Ekhurhuleni Munisipaliteit van Gesondheid.