Ons Skool - Uit die hoof se pen

Ek verwelkom graag alle nuwe sowel as vorige ingeskrewe kleuters en ouers by Randhart Rakkertjies pre-primêre skool.
Randhart Rakkertjies pre-primêre skool bied onderrig aan kleuters tussen 4 en 6 jaar. Hier by Rakkertjies vind ons goeie ouerbetrokkenheid wat maak dat die band tussen onderwysers, ouers en kleuters standvastig en sterk is.
Rakkers lê die fondament vir alle kleuters se ontwikkeling op elke gebied om eendag ‘n selfstandige volwassene met goeie morele waardes te word.
Dr. Henry Cloud ‘n kliniese sielkundige en outeur skryf “Jou karakter is die sleutel tot sukses”. Ek stem hiermee saam en glo dat elke kind se karaktervorming reeds plaasvind in sy kleuterskoene. Randhart Rakkertjies dra by tot die positiewe vorming van u kleuter se karakter.
Alle fasiliteerders is gekwalifiseerd en volg ‘n kurrikulum wat deur die Departement van Onderwys voorgeskryf is.
Kleuters word in ‘n geborge, vriendelike en liefdevolle omgewing ontvang.
Onderrig vind plaas op ‘n informele wyse volgens ‘n voorgeskrewe dagprogram.
Kleuterdeelname in aktiwiteite bevorder hulle ontwikkeling, selfvertroue en selfbeeld. ‘n Kleurvolle en veilige speelterrein dra by tot die kleuters se waaghouding en motoriese vaardighede.
Kleuters ontwikkel hier in totaliteit op alle gebiede en in alle leerareas.
Hiemee wens ek almal ‘n voorspoedige en geseênde jaar toe by Randhart Rakkertjies.